Ons Gekiedenis

In 1997 het Munro en Ria Swanepoel hul droom verwesenlik deur NW Trekkeronderdele te begin.
Verskeie Pastore en ander gelowiges het na die gebou gekom en die Here se seën afgebid op hulle projek.
Dit was altyd sy begeerte om ‘n “1-stop”onderdele opset vir boere te bied waar hulle al hul onderdele benodighede
teen ‘n billike prys kan bekom.
‘n Klein begin het vinnig ontwikkel in ‘n bedrywige besigheid en bykomende personeel moes aangestel word.
Gou-gou het hulle ‘n Massey Ferguson agentskap bekom en daarna Landini en McCormick agentskappe.
Toe bekom hulle die John Deere onderdele sub-agentskap van Senwes om sodoende egte John Deere onderdele
te versprei.
Met dankbaarheid kan hulle getuig dat die Here hulle nooit verlaat het nie en deurgedra het deur moeilike jare
en ook geseën het met wonderlike kliënte se ondersteuning.
In 2018 het Munro afgetree en Munro Junior het die leisels oorgeneem en onder sy leiding het die besigheid
verder gegroei en voorsien hy ook nou ‘n verskeidenheid implemente en spuite aan die boer.

Hulle misie was en is nog steeds om pryse redelik en billik te hou. “Leef en laat leef”.

 

Our History

N W TrekkerOnderdele was a dream of Munro Swanepoel to have a “1 stop” to provide parts to farmers at a reasonable price.
This dream was realised in June 1997 when he and Ria opened the doors with no extra help at that stage.
Several Pastors and others came to bless the building and the project and they have never looked back.
Soon they were able to acquire a Massey Ferguson dealership and thereafter a Landini and McCormick dealership.
Next was a sub parts dealership of Senwes to provide genuine John Deere parts.
In 2018 Munro asked his son Munro Junior to take over and since then the business has expanded with the selling of
implements and other farming equipment.
Their praise and thanksgiving goes to the Lord. Without Him nothing would have been achieved.
Their mission was and still is to help the farmer and not undermine him with outrageous prices. “Live and let live”.